Township-vrou deur twee verkrag
Julie 10, 2008
‘n Vrou van die Joza township buite Grahamstad is Saterdagoggend omstreeks 1:30 deur twee mans aangerand en verkrag. Die vrou, 48, het nog geslaap toe die twee mans, wie se identiteit nie bekend is nie, by haar huis in uitbreiding 8 ingebreek het.
Ná beide van die aanvallers haar verkrag het, het hulle haar met ‘n ornament aangerand, volgens ‘n polisieverklaring wat gister uitgereik is. Die vrou is in die Settlers Hospitaal op die dorp opgeneem waar sy 50 steke, hoofsaaklik vir beserings aan die gesig en bolyf, ontvang het. Die aanvallers het met ‘n selfoon en ‘n bedrag geld gevlug. Enige persoon met inligting word versoek om inspekteur Ronel Botha by 079 497 1489 te skakel.
Entry Filed under: Nuus. Tags: joza, ronel botha, settlers, verkrag.
Trackback this post | Subscribe to the comments via RSS Feed