Geveerde vriende mis, vergiftig supermark

Augustus 29, 2008

Die voedselprodukte van ‘n supermark hier is ‘n groot gevaar vir veral die inwoners van die lokasie buite die dorp, weens voëls wat die winkel teister.
Voëls wat daagliks in die Shoprite-tak hier rondvlieg, vreet van die vleisprodukte asook die groente- en vrugteprodukte in die winkel. By tye is die voëls selfs opgemerk dat hulle gate in die plastiekbedekte vleispakkies pik om die kos te vreet.

Die voëls sukkel oënskynlik om die winkel te ontsnap en bemis dan die hele perseel sover hul vlieg.
Dit veroorsaak ‘n groot gesondheidsgevaar vir mense wat besmette kos inneem. In arm gebiede waar inwoners swakker immuunstelsels het of HIV positief is, kan besmette kos selfs tot die dood lei, volgens ‘n voedselkenner.

Die winkel is naby die lokasie gelee.


Tydens ons besoek Woensdag aan die winkel wou die bestuurder nie kommentaar lewer óf sy naam aan die verslaggewer gee nie. “Het jy al ooit na my toe gekom en my ingelig dat die voëls ‘n probleem is?” is al wat hy wou weet.

Me. Esmeralda Eessex, skakelbeampte van dié winkelgroep in die Oos-Kaap het gesê dit is moeilik om die voëls te beheer omdat hulle deur dakke en tydens aflewerings die winkel binnekom.
Volgens Eessex het hulle reeds ‘n natuurbewaarder gekry om die voëls te vang en hulle weer te reabiliteer. “Die gesondheidsinspekteurs besoek ook gereeld die winkel,” het Eessex gesê.

Dr. Jo Barnes, ‘n senior dosent aan die fakulteit gesondheidswetenskap by die Universiteit van Stellenbosch, het gesê die ontlasting wat die voëls agterlaat kan enige vorm van die diarree-familie veroorsaak en kan in sommige gevalle fataal wees.

“Ons moet dit nie onderskat nie, want daar is ‘n groot deel van die bevolking wat nie ‘n goeie immuunstelsel het nie,” sê Barnes. Volgens Barnes is die feit dat die winkel aan baie van die mense van die lokasie voorsien, ‘n groter rede tot kommer. “Enigeen wat onder armoedige omstandighede bly, lei ‘n groter gevaar.”

Barnes sê dit is dikwels uit onkunde dat niks aan die voëls gedoen word nie. Sommige bestuurders is dalk nie opgelei om so iets raak te sien nie en as die mense nie bewus is om te kla nie, sal niks daaraan gedoen word, het Barnes gesê.

Barnes het ook gewaarsku dat toe kospakkies nie beteken dat die voedsel nie besmet is nie. “Voëls kan op ander produkte mis en dan alle produkte in jou mandjie besmet. Mense is vreeslik geneig om aan hulle gesig te vat.”

Entry Filed under: Nuus. Tags: , , , , .

Leave a Comment

Required

Required, hidden

Some HTML allowed:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <pre> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <strike> <strong>

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Kategorieë

Blogroll

Kalender

Augustus 2008
M T W T F S S
« Jul    
 123
45678910
11121314151617
18192021222324
25262728293031