Grahamstad se Mandela sing en dans vir gevangenis

Julie 4, 2008 at 1:15 nm Lewer kommentaar

‘n Boodskap van hoop en bevryding is gister na die Grahamstad tronk gebring toe oud-gevangenis as deel van die nasionale kunstefees ‘n program vir geharde kriminele, wat hier in aanhouding is, aangebied het.
Altesaam 10 koorlede, waarvan 4 oud-gevangenis van dié tronk is, het gister die kans gekry om voor ongeveer 200 van hul eertydse “maats” ‘n boodskap van bevryding te bring.
En vir Mnr. Bonile Plaatje, leier van die groep Amagugu Amatsha, het hy gister soos ‘n koning gevoel toe hy weer die tronk na 2 jaar binnestap.  “Ek word hier met respek behandel.  Ek voel soos ‘n eie Mandela wat ‘n boodskap van bevryding vir my mense bring,” het Plaatje gesê.
Plaatje en sy groep is gestig ná ‘n soortgelyke uitreikingsprogram deur die nasionale kunstefees in 2004 wat hom só geinspireer het om dieselfde te doen dat hy die groep gestig het en gister voor die gevangenis kon optree.
Die gevangenis se eie marimba-groep asook hul eie gospel groep Amadodana, het ook gister opgetree terwyl die sowat 200 emosielose gesigte stadigaan opgehelder het.  Die 10 manne in spierwit hemde en handskoene het op skouspelagtige wyse onder andere xenofobie veroordeel deur middel van hul sang en dans.
Vader Zweni Nqoko wat die byeenkoms gelei het, sê die groepe wou eenheid bevorder.  “Hulle sê xenofobie is verkeerd en die enigste toegang tot die hemel is deur Jesus.”
Plaatje se koor, wat voorheen die Oos-Kaap se Interne Korrektiewe Dienste Liga toekenning gewen het, sê die koor motiveer hom ook om nie weer betrokke te raak in dwelms en misdaad nie, en help mekaar om uit die tronk te bly.
Hy verduidelik die tipe musiek wat hulle beoefen, genaamd Scathamiya, is ‘n vorm wat in Kwazulu-Natal deur die voorsanger van die groep Ladismith Black Mambazo, Joseph Tshabalala begin is.
“Ons was hier vandag om die gevangenis te sê dat as jy die kans kry om uit te kom, jy jouself moet motiveer om nie weer terug te kom nie, want net een fout kan jou weer hier binne laat beland,” het Plaatje na die vertoning gesê.
Mnr. Michael Liwani, seksiehoof, het gesê só ‘n boodskap is nodig omdat talle van die gevangenis wat bevry word, weer in die tronk beland.  “Eenkeer is honderde gevangenis tydens ‘n amnestieviering vrygelaat en die helfte van hulle is dieselfde aand weer in hegtenis geneem.”

Entry filed under: Nuus. Tags: , , , , , , , .

Straatkinders in kunste opgelei “Tannie Grietjie het my bekoor” – navorser

Lewer kommentaar

Trackback this post  |  Subscribe to the comments via RSS Feed


Kalender

Julie 2008
M D W T V S S
 123456
78910111213
14151617181920
21222324252627
28293031